Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Kristel Loots

@ Sunday Times Books LIVE

Kristel Loots Latest

Katerina se mojo

Katerina se mojoNee, die lyflike, die liefde en die huwelik is skynbaar nie vir ewig sinoniem met mekaar nie. Die jare, jou man se werk en jou kinders kom foeter tussen hierdie drie pilare rond en veroorsaak gevaarlike krake.

Katerina is in haar naugty forties en dis waar sy graag wil bly, want vir ’n vrou is haar vyftigste verjaarsdag ’n dag van verskrikking. Katerina is amper daar en dit voel of sy haar mojo langs die pad verloor het; sommer ook die vlam wat daar eers tussen haar en Simon was.
Haar man is moeg, sielsmoeg; te moeg om aan haar lyf aandag te gee. Simon werk so hard. Hy is siek daarvan om stukkende mense te probeer gesond dokter en wil landuit. Hy wil Kanada toe!

Katerina probeer keer, maar dinge raak net te veel vir Simon en haar hele wêreld slaan bollemakiesie. Sy weet nie of sy kans sien vir Kanada nie en sy weet ook nie of sy kans sien om sonder Simon aan te gaan nie. Bowendien, Jennifer gaan ook Kanada toe. Jennifer is Simon se pragtige kollega. Jennifer is die naam wat Simon in sy slaap prewel.

Die tweeling is in hul storm- en drangdae en maak haar mal.

Sy erken dit nie graag nie, maar… wel, Katerina is in haar frieken oorgangsjare. Om alles te kroon, kom foeter ’n joernalis ook nog en dreig om haar donker verlede te ontbloot.

As sy net kan ophou hotflush op die onmoontlikste tye, sal haar lewe soveel makliker wees.

Dinge lyk hopeloos tussen haar en Simon, maar nóg haar hart, nóg haar lyf wil van hom vergeet. Dalk het dit tyd geraak dat sy weer begin uitgaan en dan meer doen as om net ’n man te soen.

Die lewe is nou een maal nie genadig nie en Katerina leer dat die doodsengel nie witbroodjies het nie.

Tog, alles is nie hopeloos nie. Uiteindelik, in haar donkerste uur, besef Katerina haar mojo is nog lank nie verlore is nie; daar skuil nog baie passie en liefde in ’n vrou van vyftig.

EAN: 9780799372335
Koop nou